
=====================================================================
WOORDELYS
=====================================================================


WOORDELYS

Suurren

Sommige nywerhede veroorsaak rook wat chemikalie in die lug vrystel. Waneer chemikalie soos sulfaat-dioksied in die lug is wanneer dit ren, verhoog dit die suurinhoud van die ren. Dit beskadig die grond en plante.


Bio-diversiteit

Bio-diversiteit is 'n term wat gebruik word om die hoeveelheid verskillende plante en diere in 'n gebied te beskryf. Byvoorbeeld, as daar baie verskillende soorte plante en diere in 'n gebied is, soos die Kruger Nasionale Wildtuin, s ons dit het 'n ho bio-diversiteit. Maar as daar op 'n plaas slegs mielies verbou word en daar is nie baie verskillende soorte vols, diere of insekte op die plaas nie, dan het dit 'n lae bio-diversiteit.

Opvangsgebiede

'n Opvangsgebied is 'n gebied grond vanwaar die renwater alles na een rivier toe afloop. Die renwater mag na kleiner strome en riviere afloop, wat alles in 'n groter rivier invloei. Byvoorbeeld, die opvangsgebied van die Vaalrivier is al die grond waarvandaan water uiteindelik in die Vaalrivier uitloop.


Kommersile plantasies

In 'n kommersile plantasie word bome aangeplant en laat groei om hul hout te verkoop of om van hulle papier te maak. Gewoonlik is al die bome van dieselfde soort. In 'n kommersile plantasie is daar gewoonlik baie bome op 'n baie groot stuk grond. Die meeste plantasies in Suid-Afrika bestaan uit denne-, gom-, of wattelbome.


Wieg-tot-graf-tot-wieg

Dit verwys na die kringloop van 'n produk vanaf die rou materiaal, tot die vervaardiging van die produk, tot die einde van die produk se leeftyd. Die produk word dan verwerk tot in ander nuwe produk. Byvoorbeeld, 'n boom is die rou materiaal. Dit word afgesaag en papier word daaruit vervaardig. Die papier word gebruik om by die slagter vleis in toe te draai. Die papier word dan weggegooi. Die weggooi-gedeelte is wat ons die "graf" van die siklus noem. Maar die papier kan verwerk word tot nog papier of karton. Dit is dan weer die "wieg"-gedeelte.


Ontwikkeling

Deur ontwikkeling verwys ons na verandering wat die lewensgehalte van mense in 'n gebied sal verbeter. Byvoorbeeld, die verskaffing van skole en hospitale is 'n voorbeeld van ontwikkeling. Om werk aan mense te verskaf is ontwikkeling. Maar die woord kan ook gebruik word ten opsigte van die oprigting van 'n nuwe nywerheid, fabriek of dam. Ons praat byvoorbeeld van groot ontwikkelings wat 'n nadelige invloed op die omgewing het. Ons verwys hiermee na die bou van groot projekte soos damme of fabrieke.


Eko-etikette

Eko-etikette is 'n manier om kos of produkte te merk sodat die koper weet watter invloed daardie produk op die omgewing gehad het. Byvoorbeeld, 'n eko-etiket mag aandui dat voedsel verbou is sonder die gebruik van enige plaagdoders of chemiese kunsmis. Of dit mag aandui dat papier vervaardig is sonder om van enige chlorien ('n chemiese stof wat die osoon-laag beskadig) gebruik te maak.


Eko-stelsels

'n Eko-stelsel is 'n natuurlike stelsel waarvan al die dele in wisselwerking is. Alle lewende dinge vorm deel van 'n eko-stelsel. Byvoorbeeld, 'n woud kan as 'n eko-stelsel beskryf word. Al die plante, vols, diere en insekte in 'n woud leef saam en hou die woud aan die lewe. Soms, as mens een of twee belangrike plante of diere uit 'n ekostelsel verwyder gaan dit dood of verander baie. Menslike wesens vorm deel van die eko-stelsel rondom ons. Ons het die eko-stelsel nodig om te kan lewe.


Energie

Energie beskryf al die soorte brandstof wat ons gebruik om mee te kook, om masjinerie te laat werk, om warm te bly, om lig te verskaf, ensovoorts. Wanneer ons hout, paraffien, en steenkool verbrand, verskaf dit energie om mee te kook en dinge mee warm te maak. Elektrisiteit is 'n vorm van energie.


Omgewings-konvensies

'n Omgewings-konvensie is 'n ooreenkoms tussen twee of meer lande oor hoe om na die omgewing om te sien.


Omgewings lmpak Studie

'n Omgewingsimpakstudie is 'n manier om te bestudeer en te bepaal watter invloed 'n projek of ontwikkeling op die omgewing sal h. Byvoorbeeld, toe die Richards Bay Minerals-maatskappy minerale by St Lucia wou ontgin, moes hulle 'n omgewingsimpakstudie uitvoer om eers te sien watter invloed hulle op die St Lucia omgewing sou h.


Omgewings-Ombudsman

'n Omgewings-Ombudsman is 'n persoon of groep persone na wie die publiek hul klagtes aangaande omgewingsake kan neem. Die Ombudsman sal dan hierdie klagtes namens die publiek ondersoek. Byvoorbeeld, Mandla kan 'n klagte by die ombudsman indien dat die Departement van Vervoer 'n pad op so 'n wyse gebou het dat die fontein, waar sy vee gedrink het, geblokkeer word. Die Ombudsman sal dan ondersoek instel. As dit waar blyk te wees, sou hy die Departement van Vervoer probeer oorreed om die probleem aan te spreek. As die Departement van Vervoer dit nie sou doen nie, kan die Ombudsman hulle namens Mandla hof toe vat.


Rivieruitmonding

'n Rivieruitmonding is daar waar 'n rivier in die see invloei. By 'n rivieruitmonding meng die seewater met die rivierwater. Dit is gewoonlik baie ryk aan vis- en plantlewe. Baie visse het riviermondings nodig om in te broei.


Kweekhuisgasse

Wanneer sommige gasse in die lug vrygestel word, veroorsaak hulle dat die lug en die aarde warmer word. Hulle doen dit deur te verhoed dat hitte vanaf die aarde na die ruimte ontsnap. Hierdie gasse word kweekhuisgasse genoem. Koolstofdioksied, wat vrygestel word wanneer steenkool en hout brand, is 'n kweekhuisgas.


Hidro-elektrisiteit

Hidro-elektrisiteit is elektrisiteit wat opgewek word deur die water van 'n dam of 'n rivier te gebruik. Die beweging van die water word gebruik om elektrisiteit te vervaardig.


Gentegreerde Omgewingsbestuur (GO)

Gentegreerde Omgewingsbestuur is 'n proses wat deur die Departement van Omgewingsake uitgewerk is om omgewingsake na alle ontwikkelingsprojekte deur te voer. lngevolge GO moet die publiek geraadpleeg word oor omgewingsake. GO is 'n sekere manier om te bepaal watter invloed 'n projek op die omgewing sal h, en hoe om die skade aan die omgewing te minimaliseer.


Verasser

'n Verasser is 'n groot oond wat gebruik word om afval teen baie ho temperature te verbrand.


lnheemse woude

lnheemse woude is woude wat natuurlik in 'n omgewing groei. Die woud by Knysna in die Oos-Kaap is 'n inheemse woud. Dit duur 'n baie lang tyd vir die bome en ander plante om in 'n inheemse woud te groei.


Wortelbome

'n Soort boom wat op die oewers van riviere of by die kus groei. Die wortels van die bome kan bokant die grond gesien word.


Minerale

'n Mineraal is iets wat ons uit die grond uit kan ontgin, soos steenkool, goud, asbes, uraan, yster, ensovoorts.


Mineraalverwerking

Wanneer minerale geprosesseer word, word hulle verwerk van die rou materiaal wat uit die grond gehaal word tot iets meet nuttigs. Byvoorbeeld, yster word geprosesseer tot ysterstawe of ysterpenne. Asbes word verwerk tot asbes-plate wat gebruik word om dakke mee te bou.


Natuurlike hulpbronne

Ons natuurlike hulpbronne is al daardie dinge wat ons natuurlik in die wreld aantref wat ons gebruik om te oorleef en te lewe. Dit sluit water, lug, land, grond, bome, minerale, diere, plante, en die see in.


Kernkrag

Kernkrag is elektrisiteit wat vervaardig word deur radio-aktiewe materiaal soos uraan te gebruik. Die materiale wat vir kernkrag gebruik word is baie gevaarlik, en die afval bly gevaarlik vir duisende jare.


Wilddiefstal

Wilddiefstal is die onwettige vangs en doodmaak van wilde diere.


Beleid

'n Beleid is 'n algemene plan van aksie of metode vir die regering om take te verrig. Die beleid stipuleer die regering se visie en plan van hoe dinge gedoen moet word.


Voorkomende-beginsel

Die voorkomende-beginsel bepaal dat as mens nie seker is watter uitwerking iets op die omgewing sal h nie, dit beter is om baie versigtig te wees. 'n Mens moet eerder te streng wees wanneer dit by omgewingsbewaring kom as om iets toe te laat wat skade kan aanrig.


Beskermde Gebiede

'n Beskermde gebied is 'n area wat opsy gesit is vir natuurbewaring en dit word deur wette beskerm. Dit kan besit word deur 'n private maatskappy, deur 'n persoon, of deur die regering.


Openbare Beskermer

Die Openbare Beskermer is 'n regeringsamptenaar wie se taak dit is om te verseker dat regeringsbeamptes hul werk behoorlik doen. Enige persoon kan 'n klag by die openbare beskermer l oor hoe die regering sy taak vervul. Die openbare beskermer sal dan ondersoek instel en verseker dat dit behoorlik uitgevoer word.


Bekragtig

Dit is 'n term wat gebruik word om te beskryf wat met internasionale omgewingskonvensies gebeur. Wanneer 'n land besluit dat dit deel wil wees van 'n internasionale konvensie onderteken hulle eerstens die konvensie. Dan moet hulle die Parlement raadpleeg en die Parlement oorreed om te aanvaar dat hulle 'n deel van die konvensie is. Hulle moet ook wetgewing promulgeer wat nodig is om die konvensie in werking te stel in hul land. Die proses word genoem om die konvensie te bekragtig. Eers nadat die konvensie bekragtig is, is dit soos 'n wet in daardie land.


Hernubare hulpbronne

Hernubare hulpbronne is hulpbronne wat weer kan aangroei, soos bome, diere, en plante. Ons kan hierdie hulpbronne gebruik, en as ons dit met omsigtigheid hanteer, sal hulle weer aangroei en sal ons hulle altyd as hulpbronne h. Minerale is nie-hernubare hulpbronne. Wanneer ons eers al die steenkool uitgegrawe en verbrand het, sal daar nie meer steenkool oor wees nie.


Subsidies

'n Subsidie is geld wat die regering gee om 'n nywerheid of 'n boer te help. Die regering het byvoorbeeld baie geld aan Mossgas en SASOL gegee om te probeer om petrol en brandstof te vervaardig. Hierdie geld word 'n subsidie genoem.


Volgehoue Ontwikkeling

sien Figuur 1 


Afvalbestuur

Afval is al die oorblywende of ongewenste materiaal en goed wat ons weggooi of van ontslae raak. Afval kan in die vorm van gas, vloeibaar of solied wees. Afvalbestuur is die stelsels wat ten doel het om beheer uit te oefen oor hoeveel afval ons produseer en wat daarmee gebeur. Die drie belangrikste faktore in afvalbestuur is vermindering, hersirkulasie en hergebruik. In die eerste plek moet mens probeer om so min as moontlik afval te produseer. Dan moet mens probeer om soveel afval te hersirkuleer as wat mens kan. En mens moet probeer om so veel as moontlik te hergebruik. Mens moet so min as moontlik goed weggooi.


Vleilande

Vleilande vorm 'n belangrike deel van ons rivier- en waterstelsels. Vleilande is plat, oop gebiede met water of met baie nat grond. Hulle het dikwels baie riete. Daar kom baie vols voor. Vleilande kan uiters geskik wees om besoedeling uit water te haal. Mens kry byvoorbeeld dikwels vleilande naby mynhope. Hierdie vleilande haal baie van die besoedeling deur die mynhope uit die water uit, voordat dit verder in die rivier invloei.


Plaasplantasies

Wanneer bome geplant word om vir vuurmaakhout gebruik te word, word dit plaasplantasies genoem. 'n Plaasplantasie is gewoonlik nie so groot soos 'n plantasie nie.


---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


